Banner

Login

Visitors Counter

mod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_countermod_vvisit_counter
mod_vvisit_counterToday225
mod_vvisit_counterYesterday864
mod_vvisit_counterThis week4186
mod_vvisit_counterThis Month37849
mod_vvisit_counterLast Month34431
mod_vvisit_counterSince 1 May 2010120801

Banner
Voëlgeluide: Identifikasie PDF Print E-mail
Written by Rynetta Coetzee en Lisl van Deventer   
Wednesday, 15 April 2009 19:27

Wenke hoe om Voëlgeluide to identifiseer en te leer

(Aangebied as a praaitjie gedurende die Klub se aand byeenkoms op 7 Maart 2009) 

Voëlgeluide is ingewikkeld en soms moeilik om op papier vas te lê.  Voëls kan verskillende geluide gelyktydig maak – die twee lugpype wat aan die stemkas heg, kan elk gelyktydig ‘n geluid produseer (en verskillend daarby!).


  1. Begin met voëls in jou tuin, of ‘n bekende area, of ‘n area wat jy graag wil besoek;
  2. Identifiseer 5 tot 10 voëls in hierdie area en leer ken hulle roepe;
  3. Lys die roepe wat jou verwar en vergelyk die verwarrende roepe met mekaar;
  4. Lys 5 tot 10 voëls wat jy graag in jou tuin, ‘n bekende area of ‘n area wat jy graag wil besoek wil sien en leer hulle roepe;
  5. Kyk na die gedrag van die voël wanneer dit roep – sommige voëls na-aap ander voëls bv die Indiese Spreeu, Sabotalewerik en Witkeeljanfrederik;
  6. Let op na die habitat en verspreiding (gebruik verskillende boeke bv Roberts, Sasol en Newman);
  7. Probeer om die voël in wit-en-swart (of grys) te sien – let op na die “GISS”;
  8. Sommige voëls roep nie in Afrika nie bv. die Europese Koekoek en die Kwartelkoning;
  9. Meeste roofvoëls is nie in die lys ingesluit nie alhoewel ‘n mens hulle in die lug kan opspoor as hul roep;
  10. Luister na verskillende opnames van voëlgeluide bv Roberts, Gillard en Gibbon.  Voëls het verskillende “dialekte” in verskillende streke;
  11. Maak ‘n assosiasie tussen die voëlgeluid en ‘n ander klank of frase wat dit vir jou makliker sal maak om die voëlgeluid te onthou bv die Oranjeborsboslaksman - “coffee-tea-or-me” en die Bosveldstompstertjie - "los-my stertjie".
  12. Hou ook in gedagte dat ‘n voël meer as een algemene roep kan hê bv die Suidelike Waterfiskaal.

Etiket t.o.v. voëlgeluide en roepe:

  • Bandopname / “PDA” / “MP3”: Die speel van voëlgeluide kan medevoëlkykers steur en ‘n ergernis wees (geraas besoedeling!).  Gebruik voëlgeluide baie oordeelkundig en lig die groepleier en mede voëlkykers in as jy ‘n voëlroep wil speel;
  • Selfone: Skakel jou selfoon af of kies die “stil” profiel.  As jy ‘n oproep moet beantwoord, beweeg stadig en stil tot waar jy nie gehoor kan word nie, voordat jy die gesprek begin;
  • Gesels: Praat met ‘n sagte en lae stem.  Fluistering veroorsaak ‘n “spishing” agtergrondsgeraas wat vergelykbaar is met ‘n voël se alarmroep;
  • Beweging: Stadige bewegings en versigtige treë sal bydra dat jy meer hoor en selfs meer sien.  Toets jouself: staan doodstil vir een minuut en tel hoeveel voëls jy kan hoor (en kan identifiseer!).  Luister ook na voëls wat in die agtergrond roep;
  • Deel inligting:  As jy ‘n spesiale voël ontdek, deel jou inligting (saggies!) met mede voëlkykers.

Voëlgeluide wat uitgesluit is van die onderstaande lys is nie noodwendig onbelangrik nie – voeg gerus voëls by die lys of skep jou eie “wenslys”!  Onthou: voëls het vlerke en kan in verskillende habitatte voorkom. 

Tuine

Voëlgeluide wat moontlik maklik sal wees om te onthou

  • Duiwe: Gewone Tortel, Grootring, Rooibors en Krans
  • Gewone Tarentaal
  • Geelbeklyster
  • Gewone Janfrederik
  • Kiewiete: Kroon en Bont (vgl met Lel, nie so algemeen in die Gauteng area nie)
  • Kwêvoël
  • Gewone Vleiloerie
  • Rooiwangmuisvoël
  • Visvangers: Bruinkop en Bosveld
  • Grysneushoringvoël
  • Houtkappers: Kuifkop en Rooikop
  • Tiptolle: Swartoog (vergelyk met Rooioog – nie-algemeen in die Gauteng area)
  • Hofsanger
  • Kaapse Glasogie
  • Witliesbosbontrokkie
  • Sneeubal
  • Indiese Spreeu (boots ander voëls na!)
  • Suikerbekkies: Witpens en Swart
  • Hoephoep
  • Hadeda
  • Swartkeelgeelvink
  • Gewone Kwikkie

Voëlgeluide wat moontlik moeiliker sal wees om te onthou

  • Europese Byvreter
  • Mossies: Huis, Gewone en Gryskop
  • Kleinwindswael
  • Swaels: Grootstreep en Kleinstreep
  • Gevlekte Muisvoël
  • Paradysvlieëvanger
  • Mikstertbyvanger
  • Rooibekkakelaar (vergelyk met Pylvlek Katlagter)
  • Suidelike Waterfiskaal (vergelyk met Swartkop Wielewaal)
  • Heuningwyser: Groot en Klein
  • Duiwe: Papegaai en Geelbekbos-
  • Witborskraai
  • Gevlekte Lyster
  • Wewers: Dikbek en Bontrug
  • Rooivink
  • Kanaries: Geeloog, Berg en Streepkop
  • Gewone Fret
  • Kleinglansspreeu
  • Fiskaallaksman

Bosveld en Doringveld

Voëlgeluide wat moontlik maklik sal wees om te onthou

  • Fisante: Bosveld en Natalse
  • Bospatrys
  • Gestreepte Wipstert
  • Bosveldtinktinkie
  • Rooiborslaksman
  • Koekoeke: Piet-my-vrou, Diederikkie en Meitjie (lg is nie-algemeen in die Gauteng area)
  • Witvlerk Korhaan; vergelyk met Boskorhaan (lg is nie-algemeen in die Gauteng area)
  • Groenvlekduifie
  • Laksmanne: Langstertlaksman, Bontroklaksman, Oranjeborsboslaksman en Spookvoël
  • Withelmlaksman (nie-algemeen in die Gauteng area)
  • Goudstertspeg
  • Bonthoutkapper
  • Geelblestinker
  • Rooibeklyster
  • Rooivlerktjagra
  • Afrikaanse Naguil
  • Draaihals
  • Swempie
  • Akasiagrysmees (nie-algemeen in die Gauteng area)

Voëlgeluide wat moontlik moeiliker sal wees om te onthou

  • Uile: Witkol- en Witwang
  • Kwartels: Afrikaanse, vergelyk met Bont (lg is nie-algemeen in die Gauteng area)
  • Bosveld Kwarteltjie (nie-algemeen in die Gauteng area)
  • Koekoeke: Swart, Afrikaanse en Gevlekte
  • Nuwejaarsvoëls: Bont en Gestreepte
  • Naguile: Rooiwang en Laeveld (nie-algemeen in die Gauteng area)
  • Neushoringvoëls: Rooibek en Geelbek
  • Witkatlagter (vergelyk met Pylvlekkatlagter)
  • Sangers: Europese Riet, Grootriet, Spot, Olyfboom, Tuin
  • Bruinkeelbossanger
  • Gebande Sanger
  • Bosveldtjeriktik
  • Witkeeljanfrederik (boots ander voëls na!)
  • Kalahariwipstert
  • Waaierstertvlieëvanger
  • Bosveldstompstertjie
  • Bandkeelkleinjantjie (vergelyk met Swartband en Bruinsylangstertjies)
  • Neddikkie
  • Spreeus: Witbors en Grootglans (lg is nie-algemeen in die Gauteng area)
  • Koringvoël
  • Buffelwewer
  • Vuurvinkies: Jamesonse en Rooibek
  • Sysies: Gewone Blou en Rooibek
  • Gewone Melba
  • Rooibekrenostervoël (nie-algemeen in die Gauteng area)
  • Feëvlieëvanger (winter)

Rotskoppies en heuwels

  • Rooivlerkspreeu
  • Swartkroontjagra
  • Donkernaguil
  • Klipstreepkoppie
  • Kaapse Kliplyster
  • Dassievoël
  • Gestreepte Koester
  • Luitinktinkie

Nag of skemer

  • Gewone Dikkop (vergelyk met Waterdikkop – nie-algemeen in die Gauteng area)
  • Uile: Nonnetjie, Gevlekte Oor-, Vlei en Skops
  • Afrikaanse Naguil

Water

Voëlgeluide wat moontlik maklik sal wees om te onthou

  • Visarend
  • Kolgans
  • Nonnetjie-eend
  • Oranjekeelkalkoentjie
  • Driebandstrandkiewiet
  • Vleitinktinkie (vergelyk met Grasvoël)
  • Sangers: Kaapse Riet en Kaapse Vlei
  • Grootriethaan
  • Hamerkop
  • Rooiborsvleikuiken
  • Dubbelbandsandpatrys

Voëlgeluide wat moontlik moeiliker sal wees om te onthou

  • Grysrugkwêkwêvoël
  • Groenpootruiter
  • Afrikaanse Snip
  • Gewone Bontrokkie
  • Witvlerkflap
  • Kaapse Vuurvinkie
  • Rooikeelbyvreter
  • Visvangers: Bont en Reuse
  • Sangers: Kleinriet en Europese Vlei-
  • Geelsanger (nie-algemeen in die Gauteng area)

Grasveld

Voëlgeluide wat moontlik maklik sal wees om te onthou

  • Lewerikke: Rooinek en Bosveld 
  • Landery Klopkloppie
  • Bokmakierie
  • Grasveldlangbeklewerik (nie-algemeen in die Gauteng area)

Voëlgeluide wat moontlik moeiliker sal wees om te onthou

  • Klappertjies: Laeveld en Hoëveld
  • Rooikoplewerik
  • Koningrooibekkie
  • Huiltinktinkie
  • Gewone Kwartelvinkie 
  • Klopkloppies: Woestyn; Kleinste en Gevlekte (vergelyk)

Breëblaar- of Gemengde veld

  • Gewone Swartmees
  • Skerpbekheuningvoël (vergelyk met Swartkatakoeroe)
  • Gestreepte Visvanger (vergelyk met Bosveld Visvanger)
  • Bossangers: Geelpens en Donkerwang
  • Bosveldpapegaai
  • Skopsuil
  • Rooitinktinkie

Erkennings:

  1. Verskeie mense wat ons deur die jare voëlgeluide geleer het bv. Stephan Terblanche, Etienne Marais, André Marx, Rob Geddes, Greg Lock, Dave Sole en Leon Kay.
  2. Laniarius artikels:
  • June 2004, pp. 23-24.  “Good Birding en Birders’ Etiquette”.  Etienne Marais
  • December 2004, pp. 18-20.  “101 Voëlgeluide vir ‘n beter voëlkykervaring”.  Déwald Swanepoel in oorleg met Stephan Terblanche en André Marx
  • Winter/Spring 2008, pp. 12-13.  “A mnemonic guide to recognition of some birdcalls – mainly for beginners en those with some imagination”.  Dr.  Daantjie Viljoen