Login
| Bykomende Inligting |
|
|
|
| Written by Jacques van Zyl |
| Sunday, 24 May 2009 19:40 |
Bykomende InligtingHoe om te bespreekAlle besprekings vir kampe, kursusse en spesiale geleenthede moet asb. by Rita de Meilon, ons klubsekretaresse gemaak word op
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of telefoon (012) 807-4002
VoëlberingingVoëlberinging begin teen sonop en duur tot vroegmiddag, gewoonlik die eerste Saterdag van elke maand. Almal welkom.
AandbyeenkomsteGewoonlik op die 2de Dinsdag van elke maand om 19:00. Tee word na die vergadering bedien – donasies welkom. Die vergaderings word by die Sci-Enza Sentrum, Universiteit van Pretoria, Hatfield gehou.
DaguitstappiesOns begin gewoonlik vroeg, so bring ’n ontbytmandjie, iets om te drink en ’n stoel saam. Braaigeriewe is by party plekke beskikbaar. Toegangsfooie is soms betaalbaar.
NaweekkampeAkkommodasie wissel van basiese kampering tot redelike luukse akkommo-dasie. Volle betaling word gevra om besprekings te bevestig. Betaling moet deur direkte oorplasing of deposito gemaak word met jou van as verwysing. Moet asb. nie betaal voordat u dit met die organiseerder bespreek het nie. Besprekings en navrae moet verkieslik d.m.v. e-pos geskied. Bring asseblief hout of houtskool saam na elke kamp.
SABAP2 pentad(s)Kartering van die verspreiding van voëls in Suid-Afrika, Lesotho en Swaziland. Vir addisionele inligting besoek die SABAP2 webtuiste by : http://sabap2.adu.org.za/
ToeganklikheidOmtrent al die voëlkykplekke het grondpaaie, wat toeganklik is met normale sedanmotors. Voëlkyk word meestal per voet gedoen. Ons beveel gemaklike stapskoene aan.
Junior VoëlkykersGesinne is altyd welkom by uitstappies.
Nie-ledeNie-lede wat ’n lid vergesel is altyd welkom om enige geleentheid by te woon.
Naweekkampe se administrasiefooie is 20% van die kampkostes. |





