|
Over the past year there have been a number of articles in Laniarius about the monitoring of Important Bird Areas (IBAs), bird atlasing (SABAP2) and bird ringing. These three disciplines fulfill their own individual purpose, but they also cumulatively contribute towards one very important aspect – Conservation, especially in terms of data acquisition on birds and their habitats in general.
In BLGN gaan ons nou weer met hernude ywer aan die belangrike saak aandag gee en doen ‘n beroep op elke lid om op die een of ander manier hierby betrokke te raak. Ons hoof fokusareas is: - Weerstand teen Wakkerstroom en Chrissiesmeer mynbou pogings. - IBA monitoring - Bestaande IBA: Magaliesberg Area - Voorgestelde IBA’s: Rietvlei NR and Elandsvlei Bewaria - Die invloed van ontwikkeling op die voëllewe binne ons stadsgebied.
The Wakkerstroom and Chrissiesmeer crises will be attended to by BLSA from a legal standpoint. Our contribution towards these projects will mainly be of a supporting nature – especially financially. In this regard I wish to mention that our club has already donated over R6,000.00 to BLSA in response to the Wakkerstroom Crisis Appeal. Thanks to each individual who has already donated or made a pledge. BirdLife South Africa is embarking on what might turn out to be a lengthy and costly litigation process so please consider supporting this appeal.
Baie van ons wonder dan ook waarom al ons gunsteling voëlkyk plekke nie outomaties as IBAs gereken word nie. Wat maak dan ‘n area geskik vir die gesogde IBA status? ‘n IBA is ‘n gebied waar daar een of meer van ons rooidata voëlspesies broei. M.a.w. een van die voël spesies wat as bedreig of kwesbaar gereken word vind binne hierdie gebied daardie spesiale habitat en omstandighede wat vir hulle aanvaarbaar is om in te broei. Hierdie habitatte moet ons dan terwille van daardie spesie se oorlewing met hand en tand beskerm... dis dan ook die rede vir die ingrype van BLSA se kant teen die mynbedrywighede in Wakkerstroom en Chrissiesmeer omgewing. Om dan ‘n feitelike argument vir die bewaring van die gebiede te hê, moet gereelde gemoniteer t.o.v. die omgewingstoestande (bv. plantegroei, water, grond, lug, die invloed van menslike bedrywighede, soos stedelike en kommersiële landbou ontwikkeling, verkeer – lug en pad asook besoedeling - lug water en grond) gedoen word. Ons bydrae in die projek is dan ook gemik op die versameling van hierdie data en een van die IBAs waarvoor BLGN verantwoordelik is, is die Magaliesberg gebied en dan met spesifieke fokus op die drie kolonies Krans Aasvoëls (Cape Vulture) wat in die Magaliesbergreeks broei. In ons eerste IBA verslag wat gedurende 2007 by BLSA ingedien is, het veral op die aasvoël kolonie by Skeerpoort gekonsentreer omdat daardie omgewing so geweldig deur ontwikkeling bedreig word. Ons dank dan ook aan Prof. Gerhard Verdoorn wat ‘n waardevolle bydrae in die verband gelewer het.
Continuous monitoring will be undertaken at this IBA and the reports are to be submitted to BLSA with particular emphasis on the state of the environment where the other two vulture colonies breed. To kick off this conservation awareness we had Kerri Wolter as speaker at our first evening meeting of the year. Kerri is the manager of the Magaliesberg Vulture Programme and she also has a Vulture Rehabilitation Centre (VRC) on her farm. She gave us a very informative presentation on the Cape Vulture and the threats the species endures and the role that secondary poisoning plays in the death of sometimes hundreds of birds at a time. In collaboration with Gauteng Nature Conservation they regularly undertake bird counts and ringing expeditions. She has accumulated data on all three vulture colonies over many years which she is willing to share with us. We are fortunate to be invited to visit her VRC on Saturday 12 April 2008. During this outing we will learn more about the common threats to our vultures and pay a visit to the Eskom enclosure to meet some of the survivors of these environmental and poisoning disasters. Her tame vulture, Percy, will also be there to give ensuring a close look of this species! Future visits to the centre will include a vulture count, ringing and a visit to one of the vulture restaurants. Book the date and come and join us!!!
The poging om Rietvlei en Elandsvlei se IBA statusse op te gradeer gaan bietjie anders werk. Die twee Rooi Data spesies wat daartoe kan bydra dat hierdie areas uiteindelik die IBA status kry wat hulle verdien, is die Grasuil (grass owl) en Witpens (White Bellied) Korhaan. Aangesien daar nie voltydse werksgroepe bestaan wat die twee areas en hul rooi data spesies moniteer nie, wil ek graag ‘n beroep doen op enige persoon wat oor historiese en of huidige data beskik, om dit asseblief aan ons beskikbaar te stel. Dan soek ons ook vrywilligers om deel te word van ‘n werkgroep wat hierdie twee areas oor die volgende maande gaan moniteer. Ons het reeds die piek van die Grasuile se broeityd binne gegaan en data versameling is nou kritiek
Determining the influence of development on the bird life in our city is our long term goal. We want to determine which species have declined or have disappeared and which species have increased their range during the years of development that the greater Pretoria area has undergone. Ringing data, atlasing data and bird checklists of the Groenkloof NR, Wonderboom NR and the Botanical Gardens will need to be compiled. If you have any data available or want to assist in this project please refer to the undermentioned contact details!
Ons gaan as deel van hierdie projek ook die Irene Farm Village oor die volgende paar jaar moniteer - danksy die vinnige optrede van Gerrie Jansen van Rensburg, ons koordineerder van die ring groep, het ons die voëllys bekom wat vir die omgewingsimpakbepaling saamgestel is nog voordat met enige ontwikkeling begin is. Ons het ook toestemming om daar te mag data versamel, mits dit gekoordineerd en in klubverband geskied. Ons is dus in ‘n baie gunstige posissie om oorgenoeg data te kan versamel tydens al die fases van hierdie ontwikkeling. Alhoewel die vestiging- en stabiliseringsfases van die woongebied nog ‘n paar jaar in die toekoms lê, is hierdie ‘n geleentheid wat ons nie mag misloop nie.
So, everyone is encouraged to join in one or more of these very interesting conservation projects!!!! Please confirm your interest by contacting us as soon as possible with the project that you're interested in.
|